"As ek my lewe weer kan lewe — wil ek jou gouer vind."
Ons Storie
📍 KimberleyDit begin het as 'n eenvoudige ontmoeting tussen vriende, en het gou ontwikkel in iets baie meer besonders.
Met verloop van tyd het ons mekaar beter leer ken en ontdek dat ons waardes, drome en lewensvisie op 'n mooi manier bymekaar aansluit. Wat ons verhouding van die begin af gekenmerk het, is vriendskap, respek en 'n opregte waardering vir mekaar.
Vandag kyk ons met dankbaarheid terug op daardie eerste ontmoeting en met opgewondenheid vorentoe na alles wat nog voorlê. Hierdie webtuiste is vir ons 'n manier om ons reis te deel met die mense wat vir ons die belangrikste is, en om julle uit te nooi om saam met ons hierdie nuwe hoofstuk te vier.
Dankie dat julle deel is van ons storie en van hierdie besondere dag in ons lewens.
Die Verlowing
📍 Blouberg StrandNa jare van kosbare herinneringe saam, het Pieter geweet dit was tyd vir die volgende hoofstuk van hulle storie.
Ons het op Blouberg Strand verloof geraak. Pieter het gereël vir 'n foto sessie op die strand — 'n perfekte verrassing. Terwyl Jeané "pose" vir die fotos, het hy op sy knieë gesak.
Met die pragtige Tafelberg as agtergrond en die son wat begin sak het, het sy "Ja" gesê — en die res is geskiedenis wat nog geskryf word.